NGK Wonderboom - Tuisblad
Welkom by die webtuiste van die Wonderboom NG-Gemeente.
Hierdie webwerf gee inligting aangaande die gemeente aan die publiek maar dien ook as 'n kommunikasie middel. Sluit gerus aan by ons forum en bespreek dinge aangaande die gemeente, christenskap of die Bybel.
OOGGENDDIENSTE word elke Sondag om 08:30 in die kerkgebou gehou en 09:00 in die Soetdoring.
AANDDIENSTE word elke Sondag om 18:30 in die kerkgebou gehou.
Vir inligting aangaande die gemeente KLIEK HIER!
Vir die gemeentegids ('n kalender vir die jaar se gebeure), KLIEK HIER!
Vir die gebedsbrief KLIEK HIER!
Vir 'n daaglikse boodskap (WOORD vir LEWE), KLIEK HIER!
Gedenktuin

Die algemene verval en agteruitgang van plaaslike begrafplase is vir almal 'n bron van kommer. Vandalisme, verwaarlosing en misdaad maak dit onmoonlik om geliefdes se laaste rusplek in vrede te besoek. Die Wonderboom Gedenktuin is geleë op die terrein van NG Gemeente Wonderboom en kan die naasbestaandes op 'n waardige manier afskeid neem en ook later sy of haar laaste rusplek in veiligheid besoek. Die gedenktuin is geleë in 'n omringde siersteemuur. Elke nis is bedek met 'n Granietdeksteen en is geskik vir bewaring van twee kissies. Die Gedenktuin bied 'n veilige, rustige tuinatmosfeer asook gemoedsrus.



