Kliek hier om die volledige Gebedsbrief af te laai!

Liewe Gemeente,
 
Hier is ons gebedsversoeke tot en met die 25ste Desember.
 
Baie dankie vir julle saambid!
 
Die mense woon nog getrou die lesse by al is dit nou planttyd!  As ons begin is daar ongeveer so 40 mesne en teen die tyd wat die les begin (na die hersiening) dan is daar amper 80-100!!  Ons loof die Here vir hierdie kans om so ’n groot groep uit Sy Woord te leer.
 
Ons het in die tyd ook twee verskillende groepe Moslems in ons area gewaar – die een is ’n groep van Pakistan wat rondtrek tussen die dorpe – hulle probeer die mense meer na die “ware” Islam terugbring, maw hul probeer die voorvader aanbidding aanspreek.  Die ander groep is uit Lichinga en het al probeer opnames maak van Alfred tydens die les en het ook verlede week foto’s kom neem van waar ons vergader (onder die mango bome!!)  Bid asb dat die mense nie sal vrees nie!!  Dat hul sal aanhou kom!
 
Groete!
Belinda
 
Jes 55:10  Die reën en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet.
So sal die Woord wat uit My mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.