"Hy wat homself wil seën in die land,
moet homself seën by [die God van amen]
en hy wat 'n eed wil aflê in die land,
moet 'n eed aflê by [die God van amen]"
(Jes 65:16 - letterlik)

In die Ou-Testament word die woord "amen"
gewoonlik saam met óf 'n seën óf 'n vloek gebruik.
Een persoon sou die vloek of seën uitspreek,
en die res van die gemeenskap sou sê "amen" om aan dit krag te gee.

Wanneer 'n vloek op iemand geplaas is,
het die gemeenskap geantwoord "amen",
menend:
"ja, ons sal hierdie persoon stief behandel as straf vir sy oortreding".

Wanneer daar 'n seën op iemand geplaas is,
het die gemeenskap geantwoord: "amen",
menend:
"ja, ons sal seker maak dit gaan goed met hierdie persoon".

Wanneer ons bid "laat U koninkryk kom",
en dan sê "amen",
bedoel ons:
"Ons sal werk om U koninkryk te laat kom".
Wanneer ons bid "soos ons ook ons skuldenaars vergewe",
en dan sê "amen",
bedoel ons:
"ons sal ons skuldenaars vergewe".

Aan die een kant is amen 'n bede aan die God van amen,
die God wat alles laat realiseer.
Aan die ander kant is amen die brug
tussen teorie
en die werklikheid,
tussen 'n voorneme
en die uitvoering daarvan,
tussen 'n versoek
en die realisering daarvan.

Amen is nie 'n punt nie,
dit is 'n komma.

Ashton