Laai die gebedsbrief in pdf formaat af.

Laai die omgeegroep-materiaal af.

Eredienste

Oggenddiens (8:30)

Soetdoring (9:00)

Aanddiens (18:30)

JY IS N GESTUURDE VAN DIE HERE WAAR JY LEWE!

SELFBEDROG WAT DIE REDE IS TOT GEESTELIKE BANKROTSKAP

SELFVERWYT: KOM SPYT ALTYD TE LAAT?

Lukas 10: 2-3

“Die oes is groot, maar die arbeiders min.Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. Gaan nou!”

1 Joh 1:5 – 1 Joh 2: 6

”…As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie….”

1Joh 3:20

”As ons gewete ons veroordeel-God is groter as ons gewete,”

Ds Ernest Horn

Ds H van Graan

Dr Nelius Steyn

Gebedsvesoeke

Kom ons dra sorg vir mekaar. Skakel asseblief enige inligting oor gemeentelede deur na die kerkkantoor [012] 567-3631 vir plasing in die Gebedsbrief. Skakel asseblief die onderstaande persone en bemoedig hulle en bid vir hulle. Kom ons reik só prakties uit na mekaar met hierdie bedieningsgeleentheid.

Siekes

Amanda Raath (073 281 6716)

Charlene Barnard (082 926 9433),

Arnold Jansen van Vuuren (082 440 8123)

Getruida Janse van Rensburg (083 321 4503)

Adam Barnard (079 326 1531)

Sue van Niekerk (078 718 6659)

Paul Erasmus (071 688 4110)

Koos Klopper (fietsongeluk)

Beterskap:

Casper de Vries (082 493 7926)

Henk Human (072 200 0441)

Baba Jason (Elmarie 083 235 8531)

Ester Kleynhans (083 457 7702)

Bedroefdes

Carol en Willem Nel van Volta a Biblia, Macia, Mosambiek wie se vader oorlede is. Hulle is tans in VSA Oregon, waar sy vandaan kom.

Tannie Anna (082 822 4503) en oom Gert van Rooyen en hulle gesin met die dood van haar broer Hans Scheepers.

Familie van tannie Helen Buckley van Soetdoring wat oorlede is.

Kategese

Juniors:

Voorskool tot gr 6 in die bo-vertrek om 09:45 -10:30

Seniors:

Gr7 -10 in die kerkgebou om 17:00

Belydenisgroep:

Vanmiddag om 17:00 in die Kameel

Daar sal nie kategese volgende Sondag wees nie weens die langnaweek.

Byeenkomste en vergaderings

Bid asb vir die omgeegroep byeenkomste van hierdie week.

Maandag 05 Augustus 2013

18:00 Eiendomtaakgroep.

19:00 Finansiestaakgroep

Woensdag 07 Augustus 2013

09:00 Maandelikse Bybelstudie (Soetdoring)

Mosambiek en Madagaskar Uitreike:

Vanoggend gee ons terugvoer aan die gemeente oor hierdie Uitreike van die gemeente.

NASIONALE VROUEDAG

Volgende naweek is langnaweek met Vrydag wat ‘n vakansiedag is – NASIONALE VROUEDAG! Dankie vir die plek, rol en funksie wat al die dames in ons lewens en die gemeenskap speel. Mag die Here julle steeds seën en gebruik tot sy eer!

KOSTER

James Wallis, ons koster en senior leierkategeet, moet drie maande voltyds prakties gaan doen in Naboomspruit om sy studies te kan voltooi. Dit beteken dat hy die einde van die maand as koster klaarmaak. Ons wil hom van harte bedank vir sy uitmuntende dienswerk en navolgingswaardige voorbeeld. Ons dra hom, Marie en Yanka aan die Here op en kuier graag saam met hulle met ‘n Bring en Braai op Saterdag 31 Augustus in die Boma van 17:30. Almal is welkom!

VROUEBELANGE

Baie dankie aan almal wat so ruim bygedra het vir die Vrouebelange. Daar is nou geld beskikbaar vir nuwe tafeldoeke. Ons wil ook graag die tafels en stoele wat reeds in die binnehof is, vir die gemeente aankoop. Baie dankie aan Wallis en Marie vir die tyd wat hulle dit aan ons geleen het, en vir die goeie prys waarvoor hulle dit aan die gemeente beskikaar stel! Ons waardeer dit! Skakel asb. vir Daleen 082 415 7548 as jy hiermee kan help.

Terug na die Bybel!

Werkerskamp in Macia - Uitreik na Volta a Biblia 5-13 Julie 2013

Vrydagoggend vroeg het 9 van ons gemeente (Wallis, Lucinda, Henro, Larissa, Wian, Elané, Mirisa, Mari en dr. Nelius) en 6 van Queenswood die tog na Mosambiek aangepak. In Nelspruit het nog twee persone by ons aangesluit. Ons is so 13:00 deur die grens en het veilig net voor Sonsondergang by Volta a Biblia (Macia) aangekom. Daar is ons gasvry ontvang, het ons slaapplekke gekry, geëet, uitgepak, bokse     Bybels afgegee, die volgende dag se werk beplan en gaan slaap.

Saterdag het ons gewerk dat ons so byna bars - stene opgelaai, aangery en afgelaai, sand en gruis gelaai en alles gereed gekry om Maandag te kan begin bou aan die ablusieblok van omtrent 7x10m. Saterdagmiddag het ons Bilene toe gery om die see (meer) te sien en die dapperes onder ons het selfs geswem! Ons het die aand met ’n Praise en Worship afgesluit na ete.

Sondagoggend vroeg vertrek ons na Chibuto (so 80km NW), waar ons ’n erediens bygewoon het in die IRM van Chibuto - in ’n kerkgebou wat deur oom Dirk Smit vir hulle opgerig is. Soos die gebruik is, moes een van die besoekende leraars preek en die lot het op dr. Nelius geval. Hy moes in Engels preek en dit is na Shangaan getolk. Die erediens sou 08:00, maar het eers 09:00 begin (die gaste moes eers tee en broodjies kry) en het tot 11:00 aangehou - heel normaal vir so ’n erediens! Na die erediens het ons saam met die leiers van die gemeente geëet en is toe Choegene en XAI-XAI toe, waar ons 4x4 gery, van duine afgespring en by die see uitgespan het.

Maandag tot Donderdag het ons eenstryk deur sement gemeng, gebou, yster-versterking gemaak vir die hele struktuur, ’n Franse Riool (French drain) gebou,   dakbalke geverf en opgesit, dakplate vasgeslaan asook pastor Calvin se huis twee lae met wit emalje uitgeverf. Ons het 07:00 ontbyt, 08:00 begin werk, 13:00-14:00 saam met die die studente en personeel middagete genuttig en dan vanaf 14:00 weer gewerk tot donker (17:30/18:00). Na stort het ons aandete geniet (19:00) met   ’n spyskaart wat Wallis voorberei het en daarna Bybelstudie gehou uit Sagaria vir ’n   uur of twee, saam met ds. Willem Nel hulle - ds. Willem Boshoff het dit gelei.

Vrydagoggend het ons alles opgeruim en kon ons die middag by Bilene meer gaan ontspan en eet. Die aand het ons afgesluit en gedeeltelik gepak om vroeg die       volgende oggend te kon terugkeer na Suid-Afrika. 18:00 op Saterdagaand 13 Julie was ons tuis met seer lywe en spiere, stukkende hande en ’n verrykte gees.

Soontoe en terug het ons die heerlike geleentheid gehad om Bybels uit te deel en met ander en mekaar oor die Evangelie te kon praat en ook met mekaar te deel. Dankie, aan elkeen wat dit vir ons moontlik gemaak het om te gaan.

Wat ’n voorreg om deel te kan wees hiervan! Bid dat die Here self ook vrug op hierdie uitreik en ons betrokkenheid by Macia sedert 1997 sal gee!

E-pos-probleem opgelos!

Na ’n paar maande wat sommige mense nie die Woord vir Lewe e-posse ontvang het nie, is die probleem uiteindelik opgelos! Die probleem was dat sommige internetdiensverskaffers e-posse van ons kerk se webwerf as "gemorspos" (spam) gesien het. Die webwerf is nou geskuif na 'n rekenaar wat nie beskou word as een wat gemorspos stuur nie. Die probleem is dus voorlopig opgelos! Indien jy nie meer e-posse, soos die Woord vir Lewe, ontvang nie, laat weet vir Ashton (078 718 6659 of prysdieheer@gmail.com) sodat hy jou e-posadres weer op die lys kan voeg. Jammer, vir die ongerief!