Laai die gebedsbrief af.
Laai die Kleingroep-bladjie af.


Eredienste

Oggendiens (09:00)
Dr Nelius Steyn
Swaarkry: Seën of straf?
1 Petrus 4:13

Aanddiens (18:00)
Dr Nelius Steyn
Eet die brood van die Lewe!
Johannes 6:35


Gebedsversoeke

Siekes

Rina du Toit
Erika Mynhardt
Tom Fürstenburg (082 703 1022)
Henry van Niekerk (072 634 0874)
Madge Bekker
Ria de Lange
Yvonne de Waal
Tiny Schade
Sheila van Jaarsveld
Magriet Meyer
Anne Redelinghuys
Marié Waldeck
Raaitjie Meyer
Schoeman van der Walt (Soetdoring).

Beterskap
Danie Steyn (083 231 6457)

Bedroefdes:
Ons bid vir Petro (083 377 2030) en Gerhard van Niekerk en hulle familie met die afsterwe van oom Gerrie van Niekerk.


Kategese

Die Junior Kategese kom almal na die oggenddiens in die Bo-vertrek bymekaar.

Die Senior Kategese en Belydenisklas is om 18:00 in die Kerkgebou saam met die Aandbyeenkoms.


Byeenkomste en vergaderings

Omgeegroepe
Omgeegroepmateriaal is beskikbaar by die deure. Dit kan ook vir persoonlike stiltetyd gebruik word.

Vergaderings:
Bid asseblief nou al vir ons Kerkraadsvergadering Maandag 23 Februarie om 19:00

Woordgroei
Donderdag 19 Februarie om 19:00 in die Kameel. Almal is welkom.


Bid vir gemeentes in Egipte en ander lande waar Christene swaar ly onder felle vervolging.
Bid vir reën – vir uitkoms in gebiede van ons land waar dit bitter droog is.


Ons dank die Here vir Anchen de Jager wat aangebied het om in die plek van Daleen Heymans, wat uitree, voorsitter van die Vrouebelange te wees. Groot dank aan Daleen vir haar toewyding en sterkte aan Anchen vir hierdie groot taak!


Wêreldbiddag vir Vroue:

Op 6 Maart vier ons landwyd die Wêreldbiddag vir vroue. Hierdie jaar se byeenkoms in ons gebied vind plaas te NG Magalieskruin, Joycelaan 150 om 10:00. Bring asseblief u vriendinne van ander denominasies asook u huishulpe saam. Vir meer inligting kontak die Dottie Botha 012 548 0863 of 083 458 8154.


Wonderboom vier Lydenstyd!

Laas Sondag was die eerste van sewe Lydenssondae voor Goeie Vrydag en word ook Verheerlikingsondag genoem. Ons word herinner daaraan dat die Een wat gekom het om te ly en te sterf aan die offerhout, ook die Koning van die heelal is. Die afgelope Woensdag 18 Februarie was Aswoensdag. Die dieptepunt van Lydenstyd word tydens Palmsondag (29 Mrt), die Groot Lydensweek (30 Mrt - 3 Apr), Goeie Vrydag (3 Apr) en natuurlik Opstandingsondag en Paasfees op 5 April bereik.

Lydenstyd strek vanaf Aswoensdag (sewende Woensdag voor Paassondag) tot en met Stil Saterdag, die dag voor Opstandingsondag. Indien die Sondae in hierdie tyd uitgesluit word, duur hierdie tydperk 40 dae, dieselfde aantal dae wat Jesus in die woestyn deurgebring het. Lydenstyd is noodsaaklike voorbereiding vir die viering van Paasfees. Ons kan nie iets van die werklike betekenis van Jesus se opstanding peil as ons nie onsself herinner aan sy lyding wat dit voorafgegaan het nie!

Lydenstyd word daarom gekenmerk deur verootmoediging, gebed, vas en die versorging van armes. In Lydenstyd herdenk ons die tyd van Jesus se voorbereiding vir sy bediening waartydens Hy verskeie versoekings weerstaan het.  Dit is die voorbereiding en aanloop tot die viering van Christus se verlossingswerk aan die kruis en die nuwe lewe wat deur sy opstanding moontlik gemaak is.

Lydenstyd roep Christene op tot introspeksie, selfondersoek en bekering. Daarom word Lydenstyd gesien as 'n tyd van gestrooptheid en eenvoud waar elke gelowige op jou persoonlike verhouding met God fokus.  Dit is ook die tyd waarin ons terugdink aan ons eie doop wat Jesus se afwassing van ons sonde deur sy kruisdood en die nuwe lewe wat Hy aan ons skenk in en deur sy opstanding simboliseer.

Die kleur in Lydenstyd is pers – die kleur van lyding, maar daar is dae waarop ’n ander kleur gebruik word. Op Palmsondag en die Groot Lydensweek is die kleur dieprooi, op Donderdag voor Goeie Vrydag is dit wit. Aswoensdag se kleur is grys en op Goeie Vrydag word swart of grys gebruik, of geen kleur nie, met net die natuurlike en aardse kleure van die hout en/of steen wat oorheers. Die simbool van lydenstyd is hoofsaaklik die kruis - en wat met die kruisiging gepaard gaan, nl. die spykers ens. Die doel met die viering van die Groot Lydensweek is om baie diep onder die indruk van Jesus se lyding te kom sodat ons met soveel meer oorgawe die vreugde van Jesus se opstanding kan smaak.
Mag jy ‘n geestelike diep en ryk Lydenstyd beleef!!!


Ons jaarlikse Gholfdag vind plaas op 23 Julie 2015 te Akasia Buiteklub. Ons is op soek na borge en pryse asook mense om te help op die dag. Die kostes beloop
R 1 400 per 4-bal en R 2 500 per 4-bal plus 'n putjie-borg. Indien 'n putjie-borg  geneem word, moet die putjie ook beman word vir die dag. Ons is op soek na 4 mense  uit die gemeente wat gholf speel aangesien ons 'n span wil inskryf. Vir inskrywings of enige inligting kontak An-Marie (082 940 7768) of André (082 321 3439).