Om die evangelie te verkondig moet Paulus baie reis.
Dikwels word hy weggejaag. Hy word in die tronk gegooi.
Hy word geslaan. Maar Paulus hou aan en aan.
In Handelinge 16 lees ons hoe Paulus hulle van een plek na die ander gaan.
Op die een plek verhoed die Gees hulle om daar te preek.
By 'n ander plek verhoed die Gees hulle selfs om daar in te gaan.
En uiteindelik wys die Here vir hulle waarheen hulle moet gaan.
Hoekom het die Gees nie van die begin af vir hulle gewys
waarheen hulle moet gaan nie?
Waarom eers hierheen en dan daarheen?
God vorm ons in omstandighede sodat ons afhanklik van Hom sal wees.
God wil Paulus toerus om reg te wees, as God se tyd reg is.
God wil ons toerus om gereed te wees as die tyd ryp is,
sodat die regte mens op die regte tyd op die regte plek sal wees.
Soos God dit wil hê en beplan.
Dit is deel daarvan om God te dien.
Dat 'n mens afhanklik van God sal beweeg, op die tyd soos Hy dit bepaal.
Dat 'n mens wag dat Hy jou lei, op Sy tyd, na die plek soos Hy dit voorberei.
Wag op God, soos Hy jou lei, om vir Hom te wees waar Hy jou wil hê.
Hy sorg dat jy gereed is, dat die tyd ryp is, en dat jy op die regte plek is.
Op die pad soontoe vorm Hy aan jou,
sodat Hý deur jou kan werk.
ERNEST