Ons dink so klein oor die almag en die krag van God.
Ons het eintlik nie ‘n idee wat die almag van God behels nie.
Sommer in die heel eerste teks van die Bybel
ontdek ons al iets van die almag van God.
Genesis 1:1:
“In die begin het God die hemel en die aarde geskep.”
Eintlik ken ons nie die krag van God nie.
Dit is ook hoekom ons so dikwels praat,
en optree asof Hy nie ál die krag het nie.
Dikwels ken ons ook nie die Skrif goed genoeg
om iets van God se krag en almag te besef nie.
Met die Franse Rewolusie wou nie-Christene die Christene uitwis.
Hulle het gesê hulle moet alles vernietig:
kerke, Bybels, predikante, selfs die woord "God".
Alles wat iets sê oor geloof.
Een man het na die sterre gewys en gesê:
"Hoe gaan jy dit uitwis?"
"Dit getuig van God."
God is groot!
Daar sal altyd mense wees wat die krag van God onderskat,
omdat hulle God nie ken nie.
Mense wat God wil inpas in wat hulle oor Hom kan dink.
Jesus sê hulle het geen idee Wie God is en waartoe Hy in staat is nie!
Jesus sê in Matteus 22:29 :
"Julle dwaal omdat julle nie die Skrif,
en ook nie die krag van God ken nie."
Leer ken die Woord.
Leer ken so meer en meer vir God!
Lees en leef die Woord.
Dan sal die beperkings wat jy in onkunde op God stel,
al hoe minder en minder word!
Dan sal jy leef met die wete dat God almagtig is,
en die onmoontlike is sy werk!
ERNEST