Romeine 8:39 sê niks "...kan ons van die liefde van God skei nie,
die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here."

Meestal is ons liefde aan voorwaardes gekoppel!
Wees eerlik met jouself en toets jou hierin.
"Ek sal jou liefhê as..."
Jy sê dit nie, maar diep binne in jou stel jy die voorwaardes.
Dit bepaal dan wie jy liefhet, en hoe jy liefhet.
God se liefde is egter onvoorwaardelik!
Hy het ons lief ten spyte van ons selfsug en ons sonde.

Niks, heeltemal niks, kan jou van die liefde van God skei nie.
Lees Romeine 8:37-39 en maak 'n lysie van alles wat Paulus sê.
Niks daarvan kan jou van God se liefde skei nie!
Nie eers die dood nie!

Dalk gebeur daar dinge in jou lewe wat
jou aan God se liefde vir jou laat twyfel.
Soms vra 'n mens hoekom God sekere dinge
in ons lewens toelaat as Hy ons liefhet.
Natuurlik gebeur baie dinge in ons lewens
omdat ons self dit oor ons bring.

Wat ookal die geval is, onthou:
Niks kan jou van die liefde van God skei nie!
Heeltemal niks nie!!

Leef bewus van God se liefde vir jou,
en leef daaruit!

ERNEST