In 2 Petrus 3 skryf Petrus oor die wederkoms.
Hy sê ons moet gereed leef vir die wederkoms.
Jy moet "jou daarvoor beywer om vlekkeloos
en onberispelik voor God, en in vrede met Hom, te lewe."
2 Petrus 3:14.
Vlekkeloos en onberispelik klink hoog op!
Wie van ons kan dit regtig regkry?
Ons weet hoe dikwels ons juis nie God se wil doen nie!
Maar onthou: Ons is reeds gereinig deur die bloed van Jesus!
Vlekkeloos! Leef dit! Leef wie jy is! Jou status in die Here!
Daarom skryf Petrus: Beywer julle daarvoor!
Werk daaraan om te leef wie jy is!
Veg teen die sonde!
Leef naby aan die Here.
Leer ken Hom, en sy wil, meer en meer.
Matteus 24:45-46 sê dat die Here ons besig wil
vind met dit wat regtig saakmaak.
Dit wat vir Hom saakmaak!
Om tot sy eer te leef.
Om teen die sonde te stry.
Om mekaar lief te hê en te versorg.
Om ander doelbewus na die Here te lei.
So 'n lewe laat jou in vrede met God lewe.
Hoe belangrik is hierdie dinge in jou lewe?
Of is jy besig om jou een Godgegewe lewe te vermors,
op nietige onbenullighede?
Laat die Gees jou lei!
Leef gereed!
Die Here is naby!
Ernest