Die kerk is 'n lewende beweging.
Die kerk is nie 'n organisasie nie.
'n Organisasie werf mense as vrywilligers.
Die Here se kerk is nie vrywilliges nie, maar geroepenes!
Mense gedring deur die liefde van die Here!
Mense wat nie anders kan as om onstuitbaar vir die Here te leef nie.

Matt.11:12 sê die kerk is 'n onstuitbare beweging van Jesusvolgelinge!
Die Boodskap vertaal dit so:
"Van die begin dat Johannes begin preek het tot nou toe,
het die onkeerbare krag van God se nuwe wêreld al keer op keer
oor die mense gespoel. Mense wat op en wakker is,
gryp elke geleentheid aan om deel te word daarvan." 

Ons beweeg vir die Here.
Al kan ons nie oor die horison sien nie.
Ons weet hoe eindig alles.
Want God is die toekoms!

Ek moet dus 'n onstuitbare beweging van Jesus se liefde wees.
My doen en late moet die beweging van God se Koninkryk bevestig!
Mense moet so besef dat daar net een God is.

Is dit hoe mense jou sien en ervaar?
'n Onstuitbare beweging van God se liefde.
Niks in die wêreld kan ons stuit nie.
Net dinge in onsself kan ons verlam.
Wat is die dinge wat jou verlam?
Wat maak dat jy nie kragtig vorentoe beweeg,
en jou omgewing oorrompel met Jesus se liefde nie!
Gryp elke geleentheid aan om deel te wees van God
se beweging van liefde in hierdie wêreld!!

Ernest