Mense kan maklik God om die verkeerde redes aanbid.

Paulus het vir lank met die Jode in die sinagoge in Efese geredeneer.
Hy het die evangelie van Jesus Christus verkondig – Hand. 19:8.
Vir langer as twee jaar het hy die boodskap uitgedra.
Hy het daarin geslaag om die inwoners te laat insien dat daar net een ware God is.
Die groot godin Artemis en die godin Diana is valse gode.

Dit het egter veroorsaak dat die silwersmede groot skade gely het.
Hulle het silwerbeelde van die afgode gemaak en verkoop.
Hulle was nou bang dat hul besigheid sou ondergaan as mense ophou glo in die afgode.
Daarom het daar ‘n oproer ontstaan.

Ons moet ernstig die redes ondersoek waarom ons die Here aanbid.
Mense in Efese wou hul godsdiens beskerm dat hulle nie finansieel skade ly nie.
Ons moenie toelaat dat ons godsdiens iets anders in die oog het
as net die aanbidding van die enigste ware God nie!
Ons aanbid God omdat Hy ons liefhet en omdat Hy is wie Hy is!
Ons moet geen ander moontlike voordeel uit ons godsdiens probeer trek nie.

Moenie God aanbid vir wat jy kan kry nie.
In Hom het jy reeds alles ontvang!
Aanbid Hom vir wie Hy is!

Ernest