Wetenskaplikes het al baie navorsing gedoen om te bepaal of daar water op Mars is of was.
Die VSA het al miljoene dollar spandeer in die soeke na water op Mars.
‘n Klompie jare gelede het NASA twee vaartuie na die rooi planeet gestuur.
“Opportunity” en “Spirit” moes gaan soek vir water.
Waarom al die pogings en navorsing?
Hulle wil vasstel of daar ooit lewe op Mars was!
Vir lewe moet daar water wees.
Geen water, geen lewe.
Twee duisend jaar gelede het twee “soekers” na water Samaria deurkruis.
Een was ‘n vrou wat in die omgewing gewoon het.
Die ander een was ‘n man van Galilea.
Hulle het mekaar raakgeloop by ‘n put naby die dorpie Sigar.
Toe dit gebeur het Jesus die water gevind waaarna Hy gesoek het,
en die vrou die water wat sy nie eers geweet het sy nodig het nie!
Johannes 4:5-15 vertel hierdie aangrypende gebeure. Lees dit!
Water is noodsaaklik vir fisiese sowel as geestelike lewe!
Jesus het vir die vrou by die put ‘n verrassing gehad.
Die Water van die Lewe!
Hyself!
Johannes 4:14 sê:
Hy is die “fontein …met water wat opborrel en…die ewige lewe gee.”
Kom les jou lewensdors by Hom.
Ernest