Jesus het belowe dat Hy ‘n Trooster sou stuur om vir altyd by ons te bly.
In Johannes 14:16 sê Hy:
“Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ‘n ander Voorspraak stuur
om vir ewig by julle te wees.”
Tydens Pinkster is daardie belofte vervul – Hand.2:1-4.
Vanaf daardie historiese dag is die Heilige Gees getrou besig
met sy werk in die lewens van God se kinders.

Die Heilige Gees se doel is altyd om die Vader en Jesus te verheerlik.
Die Heilige Gees wil nie aandag op Homself vestig nie.

‘n Teologiese student moes ‘n vraestel skryf oor sondebelydenis.
Hy wou skryf:
“As ons ons skuld bely, neem die Here ons sonde weg.”
In plaas van “guilt”(skuld), skryf hy toe “quilt”(donskombers).
Die student het geglimlag toe hy sien wat die professor daarby geskryf het:
“Moenie bang wees nie. Jy sal nie geestelik verkluim nie.
God het aan ons ‘n Trooster gegee wat altyd by ons is!
Ons Voorspraak die Heilige Gees.”
Dit is ‘n wonderlike waarheid.

Die vertroostende werk van die Heilige Gees sluit in:
Hy lei ons in die waarheid – Joh. 16:13.
Hy verseker ons van ons kindskap van die Vader – Rom. 8:16.
Hy help ons om te bid – Rom. 8:26.
Hy vorm ons na die beeld van God – 2 Kor. 3:18.
Hy versterk ons – Ef. 3:16.

Ons moenie die Heilige Gees weerstaan of bedroef nie.
Ons kan elke dag met vertroue ingaan met Hom in ons lewe!

Ernest