Vanuit ons beperkte insig lyk dit soms of alles buite beheer raak.
Ons hemelse Vader wil egter hê dat ons Hom volkome moet vertrou.
Selfs al kan ons gladnie verstaan hoekom dinge gebeur nie.

Terwyl Michelangelo aan die St. Peter’s Katedraal gewerk het,
is hy baie deur die ander werkers gekritiseer oor hoe en wat hy doen.
Hy het gesê selfs al kon hy sy planne aan hulle bekendmaak,
is hy nie verplig om dit te doen nie.
Hulle moet net die beste gee in hulle hulp aan hom,
en dan sal hulle die produk sien.
Dan sal hulle verstaan hoekom hulle sekere dinge moes doen.
Die geskiedenis het bewys dat hy reg was.
Die wat hom gekritiseer het, het dit uit onkunde gedoen.
Hulle kon nie sy planne verstaan nie.
Daarom kon hulle nie die uiteinde in hul geestesoog sien nie.

Wanneer ons deur diep waters gaan,
en nie God se plan insien of verstaan nie,
moet ons bly vertrou dat Hy in beheer is.
Hy is God, en hoef daarom nie alles aan ons te verduidelik nie.
Hy is nie verantwoording aan ons verskuldig nie.
Hy weet wat hy doen, en ons moet Hom onvoorwaardelik vertrou, met ons!
Ons moet soos Job 23:10 kan sê:
“Hy ken my pad;
As Hy my toets is ek suiwer soos goud.”

Ernest