In Lukas 10 besoek Jesus vir Marta en Maria in verse 38-42.
Marta spring dadelik aan die werk om ‘n groot ete voor te sit.
Die Here is haar gas!
Sy wil gee en Hy moet ontvang.
Sy is in beheer, as gasheer.
Maria help egter nie hiermee nie.
Sy sit aan jesus se voete!
Sy sien Jesus as in beheer.
Jesus wil gee, en sy moet ontvang
Marta wonder….Hoe kan Jesus dit toelaat?
Maria moet haar kom help, en nie sit en niks doen nie.
Jesus help haar egter reg ten opsigte van hoe Hy dit sien.
Marta is bekommerd en besorg oor baie dinge, en skarrel haastig rond.
Maar haar vrede is weg.
Wat sy nodig het is een ding, sê Jesus vir haar.
Maria het hierdie een ding reeds gekies,
en dit sal nie van haar weggeneem kan word nie.
Marta moet aan Jesus se voete tot stilstand kom!
Sy moet in aanbidding by Hom kom sit.
Net dit!
Sy moet selfs daarvan nie eers ‘n stuk werk maak nie.
Sy moet net by Jesus sit en soos Maria na Hom luister.
Dissipels kom in ware aanbidding tot rus by die Here.
Hulle gaan sit in verwondering aan sy voete.
Hulle raak oorweldig deur sy heilige teenwoordigheid.
Hulle hoor sy stem.
Kom sit aan Jesus se voete!
Dit is die nodigste van alle dinge in jou lewe.
Net dit!
Ernest