Paulus skryf dit in Handelinge 17:28:
“Want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.”
God is die bron van alle dinge,
of mense dit wil weet of nie.

‘n Belasting Kommissar het in ‘n bepaalde land by ‘n boer uitgevra oor sy artappel oes.
Dit is gedoen met die oog op belasting.
“Dit was wonderlik”, het die boer geantwoord.
“Goed, goed, baie goed”, het die kommissar opgewonde geantwoord.
“Hoe groot was dit presies?”, vra die kommissar.
“So groot dat dit tot aan die voet van God gereik het”, antwoord die boer.
Die kommissar het gefrons en gesê:
“Maar, Kameraad, jy moet nie vergeet nie, daar is geen god nie!”
“Dit is reg Kommissar. Dit is wat ek bedoel. Geen God – geen artappels – geen belasting!” sê die boer.

Hierdie komiese gebeure vertel dieselfde waarheid.
God is die bron van alle lewe en groei, van alle goeie dinge.
Of mense dit nou wil erken, of nie.
Deur Hom lewe ons, beweeg ons, en bestaan ons.
God het sy groot skeppingswerk, en die onderhoud daarvan,
aan sy Seun Jesus gekoppel, sê Kolossense 1:16-18.
Sonder Hom sou ons nie eers kon asemhaal nie!
Ons liggame sou nie funksioneer nie.
Daarom sou ons nie kon werk nie.
Ons sou dus nie iets kon verdien, of vir onsself sorg nie.
So, geen mens kan sê “ek het self hiervoor gewerk en dit is myne” nie.
God is die Bron en Voorsiener!
Ons moet elke dag op Hom vertrou,
en vas glo dat alles wat ons het, van Hom af kom!
Iemand het gesê:
“Hoe lank die ketting ookal tot by jou is in terme van werk, sorg en voorsiening,
die eerste skakel is altyd in God se hand!”

Leef uit Psalm 16:5:
“Here, U is my lewe, U sorg vir my.
Wat ek ontvang, kom alles van U af.”

Ernest