Matteus 6:22-23 sê as jy hemelse skatte wil opgaar,
sorg dan dat jy jou oë deur die Here laat instel,
sodat jy op die regte manier daarmee kan kyk.
Jou oë is soos ‘n lig.
As jy op die regte manier daarmee kyk,
maak dit alles in jou lewe helder.

Dit is ‘n idioom uit Jesus se tyd, wat hy hier gebruik.
In Jesus se tyd het ‘n “ongesonde dowwe oog” verwys na
‘n suinige, jaloerse mens.

‘n Gesonde helder oog, het weer verwys na ‘n vrygewige en genadige persoon.
So ‘n persoon is gefokus op die Here, en sien Hom in alles en almal raak.
So begin mense ook Jesus in jou raaksien!
Reinhardt Bonnke vertel dat hy en sy musiekant in ‘n winkel was,
toe iemand gesê het hy sien Jesus in sy oë.
Reinhardt het later vir die Here gevra hoe iemand vreemd vir Jesus in sy oë kon sien.
Die antwoord wat hy gekry het, was dat Jesus binne in jou lewe,
en dat Hy daarvan hou om by die vensters van jou oë uit te kyk.

Wat sien mense in jou oë?
Wie sien hulle deur jou oë, in jou?
The Message vertaal Matteus 6:22 so:
“Your eyes are windows into your body.
If you open your eyes wide in wonder and believe,
your body fills up with light.

Kyk op die regte manier met jou oë.
Laat die Here dit instel, dan is jou oë soos lig.
Dit maak alles in jou lewe helder.
Begin leef met hierdie wonder en geloof,
deur jou oë sensitief te maak vir Jesus.

Ernest