Maak tyd vir ‘n vol lewe saam met die Here.
Die goed wat die hardste skree om jou aandag,
is nie altyd die belangrikste, of waardevolste nie!

Die baie beroemde argitek, Frank Lloyd Wright,
illustreer dit in motiverings gesprekke wat hy aanbied.
Toe hy ‘n kind was het hy en sy oom in die sneeu geloop.
Hulle het deur ‘n veld geloop, en aan die einde van die veld,
het sy oom hom gestop en gesê hulle moet na hul spore kyk.
Die oom se spore was reguit, van die een punt na die ander.
Frank se spore het heen en weer geloop.
Sy oom het vir hom gesê:
“Notice how your tracks wander aimlessly, from the fence to the cattle,
to the woods, and back again.
And see how my tracks aim directly to my goal.
There is an important lesson in that.”
Frank het dan in sy praatjies gesê:
“I determined right then, not to miss the things in life that my uncle had missed.”

Frank het iets in die spore gesien wat sy oom gemis het.
Ons kan die vreugdes van die lewe mis,
wanneer ons net aandag gee aan dit wat die hardste skree!
Wanneer ons net doelgerig hardloop van A na B.

Volg Jesus se voorbeeld.
Hy is baie besig, met almal wat saamdrom om sy aandag.
Lees Markus 1:32-39 in Die Boodskap,
en dan sien jy dat Jesus toe na ‘n stil plek toe is,
om rustig met God te praat, rustig.
Simon en die ander soek hom.
Wanneer hulle Hom uiteindelik kry sê hulle:
“Almal wil weet waar U is.”

Voel dit vir jou ook partykeer of alles en almal jou aandag wil hê.
Die eise is hoog en die tyd min.
Dit voel of die een ding harder skree om aandag as die ander.
Jy wil net reguit stap van A na B, want almal wil weet waar jy is….
Kalmeer. Raak rustig, en leéf!

Raak by die Here stil.
Kyk terug op jou spore.
Kry perspektief.
Kom by die lewensvreugdes uit wat Hý vir jou bedoel.
Loop ‘n bietjie heen en weer.
Fokus op die vreugdes en waardes van jou Godgegewe lewe.
Maak tyd, en lewe die vól lewe wat die Here vir jou bedoel!
Jy loop Hom so baie mis, as jy elke dag net reguit loop van A na B!

Ernest