Romeine 13:13-14 sê ons moet nou dadelik ophou met al ons sondes.
Dit behoort tot die donker, en ons moet leef soos mense van die dag!
Mense wat God se wapens van die lig aanhet.
Vers 14 sê ons moet nou dadelik opstaan,
en die krag van die Here Jesus as nuwe klere aantrek!
Ons moenie plek gee vir enige sonde in ons lewe nie!
Daar is ‘n dringendheid in hierdie woorde.
Hou nou op met die een ding, en doen nou die ander!
Hou op met die donker, en leef in die lig.
Staan nou op, en trek die krag van Christus as nuwe klere aan!
Die groot kerkvader, Augustinus, het ‘n kind ‘n lied hoor sing,
terwyl hy by ‘n vriend gekuier het.
Augustinus het in daardie stadium nog ‘n wilde lewe gelei,
en nie die Here geken nie.
Die lied van die kind het hom hartseer gemaak, en hy het gehuil.
Sy vriend het geloop en hom daar gelaat, maar sy Bybel langs Augustinus oopgelos,
juis by Romeine 13:13-14!
Terwyl Augustinus emosioneel was, het hy dit gelees.
Hy het gelees van die wysheid van God, dit is die Woord van God,
wat hom oortuig het van sy sonde (vers 13),
en wat hom oortuig het om sy lewe te verander (vers 14).
Net daar het Augustinus tot bekering gekom,
en die Here aangeneem op sy knieë.
Ons weet hy het een van die grootste kerkvaders geword!
Hy het ‘n uitstaanlewe vir die Here geleef!
Net God kan jou verander van die donker na die lig.
Hy trek vir jou die krag van die Here Jesus aan as nuwe klere!
En hierdie radikale verandering, word dan gesien in ‘n uitstaan lewe vir die Here!
Staan op!
Leef ‘n uitstaanlewe vir die Here!
Met die krag van Christus as jou nuwe klere!
Ernest