Romeine 14:7-8 sê in Die Boodskap:
“Onthou, nie een van ons leef of sterf vir onsself nie.
Nee, ons almal staan in voltydse diens van die Here.
Daarom moet ons voluit vir Hom leef en doodgaan.
Letterlik alles wat ons doen, moet tot eer van die Here gedoen word,
want ons behoort aan Hom.
Dit geld terwyl ons nog lewe,
maar ook later wanneer ons doodgaan.”

Dit is juis hierdie teks wat Martin Niemöller die moed gegee het,
om teen Hitler in opstand te kom!
Niemöller was ‘n Duitse predikant.
Hoewel hy in Dachau konsentrasiekamp toegesluit was,
kon niemand sy mond “toesluit” nadat hierdie teks tot hom deurgedring het nie.
Hy het gesê:
“In Duitsland het die Nazi’s eerste die Kommuniste kom haal,
maar ek het nie gepraat nie, want ek was nie ‘n Kommunis nie.
Toe kom haal hulle die Jode, maar ek het nie gepraat nie,
want ek was nie ‘n Jood nie.
Toe hulle uiteindelik vir my kom haal,
was daar niemand oor om namens my te praat nie.”
Niemöller moes toe self opstaan vir sy geloofs-oortuigings.
En hy het!
Teen Hitler!
Dit is wat dit beteken om voluit vir Jesus te leef,
en vir Hom dood te gaan.
Jy leef of sterf nie vir jouself nie!

Ernest