God het aan Abraham gesê dat hy die vader van baie nasies sou word.
Hy en sy vrou, Sara, was kinderloos en baie oud!
‘n Onmoontlike situasie, en ongewone opdragte van God…
In Genesis 15:5 sê God:
“Kyk op na die hemel en tel die sterre as jy kan.
So baie sal jou nageslag wees.”
Waarom moes Abraham uitgaan en opkyk na die sterre?
God het hom tog reeds beloof dat hy ‘n vader sou word.
God weet dat dit nie vir Abraham net genoeg is om dit te hoor nie.
Hy moes ‘n beeld daarvan in sy geestesoog vorm.
Die visuele beeld moes hom help om dit met sy geloofsoog te sien.
Elke sterrenag sou hom van nou af herinner aan God se belofte!
Selfs al het daar twintig jaar lank niks gebeur nie, sou Abraham dit nog “sien”.
Hy het homself gesien as die vader van baie nasies!
Waarom verwag jy nie God se beste bedoelinge vir jou nie?
Begin deur jou geloofsoë sien wat God vir jou sien.
Sy bedoeling met jou is goed!
Hy het jou geskep met ‘n plan en ‘n duidelike doel.
Hy wil jou alles gee, om dit met jou te bereik.
Maak oop jou lewe, en rig jou geloofsoog op Hom!
Ernest