Paulus skryf in 2 Korintiërs 6:1-2:
“As God se verteenwoordiger en medewerker hier op aarde
wil ek nou ‘n ernstige versoek tot julle rig:
Moet asseblief nie die genade wat God aan julle bewys, ignoreer nie.
Hoor net wat sê Hy in die Bybel:
“Op presies die regte oomblik het Ek jou hulpkreet gehoor.
Daardie dag toe jy My bitter nodig gehad het, het Ek jou gehelp.”
Wel, dit is nou weer sulke tyd.
God se tyd van redding is hier.
Vandag is die dag!
Moenie hierdie geleentheid deur jou vingers laat glip nie.”

Billy Sunday, ‘n beroemde evangelisasie prediker van die vorige eeu,
het ‘n reeks dienste gehou.
Net voor hy wou vertrek, het ‘n jong man na hom toe gekom en gevra:
“What must I do to be saved?”
Billy het geantwoord:
“You’re too late;
for your salvation was completed many years ago by Jesus Christ.
You can do nothing to merit salvation.
It is free!
All you can do is simply accept it.”

Vandag is die dag!
Moenie hierdie geleentheid deur jou vingers laat glip nie.
Jesus Christus het alles vir ons gedoen.
Al wat ons moet doen is om dit te aanvaar!
Nou!….is die beste tyd om Jesus te aanvaar!
Nou!...is die beste tyd om as nuwe mens in Jesus te begin lewe!
Doen dit nou!!

Ernest