Hudson Taylor was die stigter van die China Inland Mission.
Hy skryf in sy joernaal:
“Ons Hemelse Vader…weet baie goed dat sy kinders elke oggend wakker word
met ‘n gesonde eetlus. Hy voorsien altyd vir hulle ontbyt,
en Hy stuur hulle ook nie saans sonder aandete bed toe nie…
Hy het 3 miljoen Israeliete vir 40 jaar in die woestyn onderhou…
Hy het die vermoë om vir almal te sorg…
Vertrou daarop.
God se werk, wat op God se manier gedoen word,
sal nooit aan God se voorsiening ontbreek nie!”

Klaagliedere 3:22-23 sê:
“Daar is geen einde aan Sy ontferming nie,
dit is elke môre nuut. U trou is groot.”

Hudson Taylor het onwrikbaar op God vertrou vir voorsiening.
Die werk van die China Inland Mission is ook buitengewoon geseënd gewees.
Ons is swak, maar ons Vader is almagtig!
Ons emosies en onsekerhede fluktueer.
Maar God verander nooit nie.
Ons krag vir die teenwoordige tyd, en ons hoop vir die toekoms,
berus nie op ons eie volharding en uithouvermoë nie,
maar op die getrouheid van God!
Ons lewe wat vir God gelewe word,
sal nooit aan God se voorsiening ontbreek nie!

Ernest