Ons is dikwels besig met klein dingetjies waaroor ons wonder of dit ‘n verskil maak…
In hierdie verband moet ons Hebreërs 6:10 onthou:
“God is nie onregverdig nie: Hy sal julle werk nie vergeet nie,
en ook nie die liefde wat julle vir sy Naam betoon het
deurdat julle julle medegelowiges gedien het en nog dien nie.”
Lees weer die vers.
Dink mooi oor die klein dingetjies wat jy doen, en hoe God dit sien…
Dit laat ons ook dink aan Sagaria 4:10:
“Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie.”
Joanna Ambrosius was ‘n boervrou in die eerste helfte van die 19e eeu,
op ‘n afgelee plaas in Duitsland.
Sy het baie min van die wêreld buite die plaasgrense geweet.
Sy het haar hartseer en vreugdes in haar dienswerk aan mense met gedigte weergegee.
Op een of ander onverklaarbare manier,
het een van haar gedigte in die keiserin se hande beland!
Die keiserin was so beïndruk dat sy beveel het die digter moet opgespoor word.
Die vrou is uiteindelik opgespoor in haar armoedige bestaan.
Die keiserin was so aangeraak dat sy beveel het dat die vrou se onmiddelike
behoeftes aangespreek moet word, en dat sy‘n lewenslange pensioen moes kry.
In klein dingetjies het die vrou getrou gebly, en mense gedien, en plaaswerk gedoen.
Die Here roep ons almal om klein dingetjies ook te doen.
Dinge wat nie deur ander raakgesien word nie.
Waarvoor ons nie dank en waardering kry nie.
Maar die Here sien raak hoe ons dit doen.
Ons gesindheid, getrouheid, en ons toewyding.
Hy weet wanneer ons ook ander se laste dra, al besef hulle dit nie.
Hy gee om vir ons, en ons beloning lê by Hom.
Hebreërs 6:10 sê God sal ons werk nie vergeet nie.
Alles wat ons doen, ook die klein dingetjies, asof ons dit vir Hom doen!
Hy vergeet ook nie hoe ons mense dien nie, sê die vers.
Ook nie die liefde wat ons só vir sy Naam betoon nie!
Ernest