In Amerika is ‘n studie gedoen wat aangetoon het
dat oor die 6 miljoen Amerikaners verslaaf is aan dobbelary.
Hierdie probleem mag vir baie van ons vreemd wees.
Dobbelary bied opwinding, maar eindig feitlik altyd in nederlaag.
Dit is ‘n tydelike plesier met mislukking as gevolg.
Dit het ‘n ontsaglike groot krisis geword en duisende gesinne ly daaronder.

Baie Christene is ook besig met dobbelary!
Geestelike dobbelary!
Hulle wil graag sekere wêreldse plesiere geniet, wat duidelik sonde is.
Hulle vat dan as’t ware kanse daarmee,
in die hoop om nie uitgevang te word nie.
Asof dit moontlik sal wees om sonde te doen,
en tog as die wenner anderkant uit te kom….
Iemand het gesê: Hulle “flirt” met die sonde!
Dit skyn asof hulle van die opwinding hou wat daaraan verbonde is.
Die risiko wat geloop word, en die adrenalien….
Asof dit nie in elk geval oop en bloot voor God lê nie!

God gee ons nie wedsyfers ten opsigte van die sonde nie.
Ons kan absoluut seker wees van die sonde se vernietigende effek.
Dit is dwaas en kortsigtig om met die sonde te speel, te “flirt”.
Moenie in hierdie opsig op jou eie instinkte, begeertes en wysheid vertrou nie.

Onthou in hierdie opsig Spreuke 8:13:
“Om die Here te dien,
is om te haat wat verkeerd is.”
Punt.
Klaar.

Ernest