Efesiërs 5:16 sê:
“Maak die beste gebruik van elke geleentheid….”
Môre is Lentedag, 1 September!
Die volgende seisoen is hier!
Nog genadetyd om in te leef!
En die kuns is om bewustelik in die tyd te leef, en voluit te leef.
Die lewe kan maklik maar net by ons verbygaan.
Of jy werk, of ontspan, kuier of rus, doen dit met oorgawe!
Ons ontvang elke dag 86 400 sekondes om te leef.
Niks daarvan word na die volgende dag oorgedra nie.
Ons kan nie minder as voluit leef, en van hierdie sekondes spaar nie.
Elke jaar kry ons 4 seisoene, 365 dae, 8760 uur, 525 600 minute, m.a.w. 31 536 000 sekondes.
86 400 sekondes per dag…
Dit sou wonderlik wees as ons elke dag soveel rand ontvang om te spandeer.
Maar ons ontvang soveel meer!
Ons ontvang elke dag 86 400 oomblikke om in te leef!
Oomblikke om voluit vir die Here te leef, in wat ons ookal doen.
Gryp hierdie nuwe seisoen in jou lewe aan; Lente!
Dank die Here vir elke nuwe dag met sy 86 400 oomblikke van geleenthede!
Ernest