Die Hemelse Vader se standaarde vir beoordeling,
verskil heeltemal van die wêreld se standaarde.
Ons bewonder so maklik die beroemdes en die rykes.
Ons bewonder die voorblad-mense.
Maar dikwels is hul morele en geestelike waardes twyfelagtig.
Ons bewonder dikwels mense vir sogenaamde sukses.
Ons Vader daarenteen, verheug Hom oor eienskappe soos
nederigheid, opregtheid, onselfsugtigheid.
Ons kan ook nie in mense se harte sien nie,
en kan daarom hulle maklik verkeerd beoordeel.

1 Samuel 16:7 sê inderdaad:
“Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike”

So het die Jode die Skrifgeleerdes hoog geag omdat hulle nie in hulle harte kon sien nie.
Hulle was baie godsdienstig en dit het voorgekom asof hulle baie heilig lewe.
Die Here Jesus het egter in hulle harte gesien.
Hy het gesien hoe hulle hul posisie misbruik om eerbied en erkenning te ontvang.

Dit het ook na die ander kant toe om gegeld.
Jesus het ook gesien hoe ‘n nederige weduwee twee muntstukkies in ‘n houer by die tempel plaas.
Hy het geweet dat daardie offer iets besonders van haar gevra het.
Mense sou dit nie raaksien nie, of totaal onderskat.
Hulle sou haar geen erkenning daarvoor gee nie.

Ons moet ook weet die Here kyk na ons hart in wat ons doen.
Die mens sien ons dade, maar die Here sien ons motiewe.
Bly oop vir die leiding van die Heilige Gees in jou.

Ernest