Jesus het met sy dood en opstanding gekom om ons te herskep.
Hy doen dit sodat ons as beeld van God nuut kan lewe.

Die Boodskap vertel dit mooi in Romeine 6:6-11:
Ons weet mos dat daardie sondige mens wat ons eenmaal was,
kant en klaar saam met Jesus gekruisig is.
Ons ou self, wat van vroeg tot laat agter elke sonde aangeloop het,
is nou morsdood en begrawe.
Daarom is ons nie meer slawe van die sonde nie.
Ons wat saam met Christus gesterwe het,
glo dat ons saam met Hom sal lewe.
Ons glo dit omdat ons weet dat Jesus,
nadat Hy uit die dood opgestaan het,
nooit weer sal doodgaan nie.
Die dood het nie meer ‘n houvas op Hom nie.
Toe Hy doodgegaan het,
het Hy vir altyd ‘n einde aan die mag van die sonde gemaak.
Nou leef Hy as oorwinnaar daar by God.
Jy moet net soos Jesus leef.
Beskou jouself as dood vir die sonde.
Leef net vir God!
Doen dit in die Naam van Christus Jesus!

Die toneel is Oujaarsdag 1899, in die boek van Thorton Wilder, The Eighth Day.
‘n Groepie mense sit en kuier rondom ‘n koolstoof in die dorpswinkel.
Dan vra een van die mense hoe die volgende eeu gaan lyk?
Dokter Gilles, die dorp se wyse, antwoord dan:
“Die skepping het nog nie aan die einde gekom nie.
Die Bybel sê dat God die mens op die sesde dag geskape het, en toe gerus het op die sewende.
Die mens is nie ‘n einde nie, maar ‘n begin!”

God het ons in Jesus kom herskep,
en gaan voort met sy skeppingswerk in en deur ons.
As beeld van God kan ons elke dag nuut lewe!

Ernest