Paulus begin die 2 Korintiërs brief deur te vertel van hul krisisse wat hul in Asië ondervind het,
en hoe God hulle getrou daarin gehelp het.
Hy vertel hoe God hulle oorstroom het met sy goedheid.
Hoe God hulle getroos het.
Paulus vertel dat hulle regtig swaarkry omdat hulle Jesus se volgelinge is.
Net soos Christus vroeër gely het, ly hulle ook nou.
Maar gelukkig oorlaai Christus hulle elke dag met sy goedheid en met sy troos.
Van 2 Korintiërs 1:8 af sê hy hoe baie hulle gely het ter wille van hulle geloof.
Hy is so erg mishandel dat hy dit later nie meer kon uithou nie.
Maar Paulus sê hy het toe ‘n baie belangrike les geleer:
Hy het geleer om te bly vashou aan God wat selfs die dooies lewendig kan maak.
En God het hom uiteindelik uit die doodsituasie gered.
Daarom vertrou hy God ook, om hom in elke situasie vorentoe weer te red!
God sal elke keer help wanneer hy in die nood is.
Ons kan regtig in elke krisis situasie weet dat God teenwoordig is,
en dat Hy teenwoordig is as die Vader wat ons bystaan!
Christene word nêrens net maanskyn en rose belowe nie.
Paulus hulle het nêrens waarborge gekry dat dit sal goed gaan in Asië nie!
Hy skryf egter hierdie woorde in vers 9:
“Maar dit het gebeur, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie,
maar op God wat die dooies opwek tot die lewe.”
Hoe weet jy dat God jou regtig kan versorg?
Jy weet dit omdat Hy die dooies opwek tot die lewe!
Geen situasie is ooit so dood dat God dit nie lewend kan maak nie!
Jy kan jou hele lewe 24/7 in sy hand plaas,
en Hom volkome daarmeee vertrou!
Ernest