Dikwels weet ‘n mens nie wat om te bid nie.
Jy weet nie meer hoe om te bid nie.
Jy bid al so lank vir iets, en dit is asof jou woorde begin opdroog.
Jy voel of jy maar net jou hand kan uitsteek na God toe, en hoop dat Hy jou raaksien.
Markus 5:24-34 vertel van ‘n vrou wat iets soortgelyks moes ervaar het.
Sy het al vir 12 jaar aan bloedvloeiing gely.
Toe sy van Jesus hoor het sy deur die skare gebeur na Hom toe.
Toe sy agter Hom kom het sy haar hand uitgesteek, en aan sy klere geraak.
Jesus wou dadelik weet wie aan sy klere geraak het.
Die vrou het bewend van angs voor Hom kom neerval.
Jesus se woorde aan haar in vers 34 is aangrypend:
“Dogter, jou geloof het jou gered.
Gaan in vrede. Wees vergoed van jou kwaal genees!”
Wat bid ‘n mens as jy totaal radeloos en moedeloos is?
Hierdie vrou kom so na Jesus toe.
Sonder woorde.
Net met uitgestrekte hande.
Sy weét dat God weet!
Sy weét dat God alleen verstaan.
En Jesus sê omdat sy so vas glo, het sy gesond geword.
Geloof is die vertroue dat God die beste van almal weet.
Geloof is ook om te weet dat God weet,
en dat die Heilige Gees vir my intree omdat ek nie meer woorde het nie.
Romeine 8:26-27 sê dat die Heilige Gees vir my intree,
volgens my behoefte en die wil van God.
Die Heilige Gees sit my gebrek aan woorde om in gebedstaal.
So ‘n gebed gaan nie by God verby nie.
Die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, het dit ervaar.
Daar was geen woorde nie.
Bid.
Met of sonder woorde.
Maak nie saak hoe moedeloos of radeloos jy is nie.
Die Heilige Gees sit dit om in gebedstaal.
Weét dat God weet!
Daarom steek jy jou hand uit na Hom toe.
Dit is geloof !
Ernest