Wanneer jy oud , beleef jy duidelik hoe jou krag afneem.
En tog staan daar ‘n merkwaardige teks in Psalm 92:13 en 15:
“Die regverdiges sal sterk wees…..
Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag.
Hulle sal fris en lewenskragtig wees.”

Psalm 92 herinner ons dat, al is ons ook oud,
kan ons nog ‘n baie betekenisvolle en vrugbare lewe lei!
Manne en vroue wat in die Here ingeplant is,
sal aanhou vrugdra en “fris en lewenskragtig” wees.

Jesus het self belowe:
“Wie in My bly, en Ek in hom, dra baie vrugte. Johannes 15:5.

Natuurlik word die spiere styf.
Die lyf pyn en die tempo word stadiger.
Maar innerlik “word ons van dag tot dag vernuwe.” 2 Kor. 4:16.

Op ‘n T-hemp met die foto van ‘n waardige ou dame, staan ook die woorde:
“Nie 80 nie! Net 18 plus 62 jaar se ondervinding!”
Oudword beteken nie oud wees nie!

Athur Wing Pinero het ‘n wonderlike ding gesê,…iets soos:
Wanneer jy die Here liefhet, en jou medemens liefhet, en dit uitleef,
word jy nooit oud nie!
Jy mag dan van ouderdom sterf, maar jy sterf jonk!

Maak nie saak hoe oud jy is, of word nie.
Leef volheid, en leef in die rykdom van lewenswysheid, en kennis, en dankbaarheid!

Ernest