Markus 11:22-23 is groot woorde van Jesus oor geloof.
“Jesus het hulle toe geantwoord:
“Julle moet geloof hê in God. Dit verseker Ek julle,
Julle kan vir hierdie berg sê: ” Mag God jou oplig en in die see gooi”,
en dit sal so gebeur. Al wat nodig is, is dat julle regtig sal glo,
en nie in julle harte twyfel nie.”
Die Rabbi’s het dikwels die spreuk of idioom gebruik, oor die berg,
om klem te lê op mens se geloof.
Dit verduidelik dat geloof in staat is om probleme te verwyder.
Baie Rabbi’s wat probleme vir hul volgelinge opgelos het,
het bekend gestaan as bergverwyderaars!
Ons praat mos ook dikwels van ‘n probleem wat soos ‘n berg voor jou lê.
Toe Hudson Taylor in 1865 die China Inland Mission gestig het,
om in China sendingwerk te gaan doen,
het mense hom gewaarsku:
“Nie jy of jou China Inland Mission sal dit oorleef nie.”
Maar Hudson Taylor het geglo geloof sal hierdie berg versit!
Die Here het hierdie sendinggenootskap so geseën dat dit vandag nog bestaan!
Vandag het China die tweede meeste Christene ter wêreld, ten spyte van Christenvervolging.
Hudson Taylor het sy werk gegrond op bogenoemde teks van geloof wat berge versit!
The Message vertaal dit so:
“Jesus was matter-of-fact: “Embrace this God life.
Really embrace it, and nothing will be too much for you”.
Wow!
Geloof is krag wat van God kom,
en jou in staat stel om enige probleem te oorkom!
Neem jou probleme na God.
Plaas jou hoop en vertroue in Hom.
Aanvaar God se leiding en antwoord.
Moenie wag om joú antwoord te kry nie,
wat jy graag wil hoor nie.
Wag op God se antwoord,
wat anders kan wees as wat jy gedink het.
Doen sy ding, nie jou eie ding nie!
Ernest