Een van die slegste dinge wat ‘n mens kan oorkom is verwerping,
of die belewenis van verwerping.
Jy word nie gekies vir die span nie.
Jy kry nie die rol nie.
Iemand van wie jy hou ignoreer jou.
Jy kry nie die werk nie.
Jou geliefde skei jou en kies iemand anders.
Jou kind skuif jou eenkant toe.
Ons het al almal iewers die aaklige belewenis gehad van verwerping.

Jesus het dit in die uiterste vorm beleef.
Ter wille van jou!
Hy is verwerp, ter wille van jou.
In Matteus 21:42 sê Hy:
“Julle het tog seker al in die Skrif die volgende gelees:
Juis daardie klip wat die bouers afgekeur het,
het die hoekklip van die gebou geword.
Dit is die Here wat dit gedoen het en dit is vir ons wonderlik.”
Jesus is deur die mense verwerp tot die uiterste toe,
toe hulle Hom aan die kruis vasgespyker het.
Vervloekte verwerping.
Maar God het gesorg dat die klip wat afgekeur is, die hoekklip geword het.
Die hoeksteen was die belangrikste in die bouproses.
Alles het daarop gerus.
Jesus het alles oorwin, en uit sy oorwinning kry ons krag,
om ook ons verwerping te hanteer.

King Duncan het gesê:
“Don’t consign yourself to that group,
who believe they will never see the sun shine again.
Trust God. God is the restorer of broken dreams.
God takes the stone that was rejected,
and makes it the very cornerstone.”

G. Campbell Morgan (1888) se aansoek as leraar is afgekeur.
Hy het in ‘n telegram een woord aan sy pa gestuur:
“Rejected”.
In sy dagboek het hy geskryf:
“Very dark everything seems. Still, He knoweth best.”
Hy wou so graag vir die Here werk, en nou dit…
Hy het ‘n telegram van sy pa teruggekry:
“Rejected on earth. Accepted in heaven. Dad.”
G.Campbell Morgan het later een van die bekendste Christelike predikers geword.

Ons almal beleef een of ander tyd verwerping.
Onthou dan in sulke oomblikke:
“Rejected on earth. Accepted in heaven. Dad.”
Daardie “Dad” is jou hemelse “Dad”, jou Hemelse Vader!

Ernest