‘n Skeinheilige is iemand wat nie homself is voor ander mense nie.
Charles Swindoll het eenkeer ‘n masker van sy kinders opgesit,
en oor die tema van geloofwaardigheid gepraat.
Die mense het hom uitgelag.
Hy het die masker afgehaal en gesê dit is regtig eienaardig,
dat wanneer ons maskers op ons gesigte dra, ons niemand om die bos kan lei nie.
Maar wanneer ons maskers oor ons harte dra, kan ons enige persoon om die bos lei.
Skynheiligheid is ‘n masker oor jou hart.
Opregte mense dra nie maskers oor hul harte nie.
Hulle is “rein van hart.”
Skeinheilige mense word hard deur die Here aangespreek.
“So is julle ook: van buite lyk julle vir mense vroom,
maar van binne is julle vol huigelary en minagting van die wet.” Matteus 23:28.
Paulus skryf aan Timoteus in 2 Timoteus 1:5 en sê:
“Ek dink ook aan jou opregte geloof.”
Timoteus se geloof en die uitleef daarvan is so eg en opreg dat Paulus daaroor skryf.
Ons moet voortdurend ons eie geloof en lewe toets aan die Woord van die Here.
Ons moet seker maak dat dit wat ons bely en leef, eg en opreg is voor die Here.
Ons kan nie maskers in God se teenwoordigheid dra nie.
Psalm 139:1 sê:
“Here, U sien dwarsdeur my,
U ken my.”
Ons lewe immers 24/7 in God se teenwoordigheid!
Leef opreg in die teenwoordigheid van die Here en bid Psalm 139:23-24:
“Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my,
sien tog my onrus raak.
Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie,
en lei my op die beproefde pad.”
Ernest