2 Tessalonisense 2:16-17 en 3:13 sê:
“God ons Vader het ons almal baie lief, ons Here Jesus Christus ook.
God se goedheid oorweldig ons keer op keer.
Hy droog ons trane keer op keer af, en Hy gee aan ons ‘n vaste hoop,
vir die nuwe lewe wat voorlê.
Mag Hy julle harte rustig maak en julle geloof sterk maak.
En mag Hy julle help om die hele tyd net die regte dinge te sê en te doen.
….julle moet asseblief aanhou om goed te doen aan ander mense.
Julle mag nooit moeg word daarvoor nie.”
Leonard Sweet vertel van sy vriend wat hom op die lughawe kom haal het,
met ‘n nuwe motor.
Toe die vriend hom ‘n week later terugneem lughawe toe,
was sy deur erg beskadig.
Die buurman se basketpaal het op die motor geval, en hy weier om dit te betaal.
“Hoe gaan jy hom maak betaal?”, vra Leonard.
Sy vriend het geantwoord dat hy moet kies tussen om reg te wees,
of om in ‘n goeie verhouding met sy buurman te hê.
Hy het gesê dat hy waarskynlik baie langer die buurman gaan hê,
as wat hy die bakkie gaan hê.
Die motor het nou maar net baie vinniger sy stampe en stote gekry as normaalweg.
Hy wil eerder bou aan ‘n verhouding met sy buurman.
Nou, ons sal nie maklik so optreë nie, maar dit laat ‘n mens dink.
Ons wil dikwels net ten alle koste reg wees, en onsself laat geld.
So sal ons ter wille van onsself ander mense verloor, eerder as wen.
Elke saak het sy meriete, agtergrond geskiedenis, en goeie oplossing!
Moenie net jouself en jou regte laat geld nie.
Dink mooi aan die groter prentjie vir die Here, en Sy koninkryk.
Maak dit vir ander makliker om die Here raak te sien, en te begin volg.
Hou aan om goed te doen aan ander mense.
Moenie moeg word daarvoor nie.
Ernest