Petrus sê in 1 Petrus 2:9 van gelowiges:
“Julle daarenteen, is ‘n uitverkore volk….
die volk wat die verlossingsdade moet verkondig,
van Hom wat julle uit die duisternis geroep het.”

Wat ‘n verskil behoort ons nie in die gemeenskap te maak nie!
Die wêreld op sy slegste, het die kerk op sy beste nodig!

‘n Joernalis het die Amerikaanse troepe in 1945 deur Okinava gevolg.
Hulle het op ‘n Christen gemeenskap afgekom!
Clarence W. Hall skryf dan dat die meeste dorpies in Okinava verwaarloos was,
met ‘n gees van wanhoop en moedeloosheid.
Maar hierdie dorpie was net so ánders!
Soos ‘n diamand in ‘n vullishoop.
Mense was beleefd en gasvry.
Daar was geen tronke nie.
Geen dronkenskap nie.
Geen egskeidings nie.
Hy kon dit moeilik glo, en het begin uitvra.
Hy het uitgevind dat ‘n sendeling 30 jaar tevore daar was,
en dat hy twee bejaardes na die Here gelei het.
Hy het ‘n Japannese Bybel by hulle agtergelaat.
Die twee gelowiges het die Bybel bestudeer,
en dit begin uitleef in hulle gemeenskap.
Hulle het ook ander mense in die dorp na die Here gelei.
Hall se bestuurder van sy Jeep het opgemerk:
“So, dit is die gevolg van een Bybel, en ‘n paar mense wat soos Jesus gelewe het!”

Ons moet ook so in die gemeenskap gaan lewe,
en ‘n verskil in mense se lewens maak.
Met die Woord, en soos Jesus!
“…..wat die verlossingsdade moet verkondig,
van Hom wat ons uit die duisternis geroep het”

Ernest