Paulus sê in 1 Korintiërs 1:2-3 dat hy sy brief skryf aan die gemeente in Korinthe.
“Dit is die mense wat aan God behoort omdat hulle Jesus Christus ken.
God het hulle geroep om net vir Hom te leef.
Die brief is ook bedoel vir al die mense wat ons Here Jesus Christus se gesag erken,
en Hom aanbid.
Dit maak nie saak waar hulle is nie, net solank húlle Here óns Here is.
Mag God ons Vader en ons Here Jesus Christus baie goed vir julle wees.
Mag Hulle julle innerlik rustig maak en julle vrede gee.”
Ons behoort aan God!
Ons kén Jesus Christus!
God het ons geroep om nét vir Hom te leef!
Ons erken die Here Jesus Christus se gesag!
Ons aanbid Hom!
Ons leef onder sy genade en vrede!
Dit alles staan in hierdie twee verse!
Wat ‘n verskil sal dit nie maak as ons leef wie ons is nie,
juis omdat hierdie brief ook vir ons bedoel is, waar ons is, vers 2.
The Message sê ons moet gaan leef as “Christians, cleaned up by Jesus,
and set apart for a God filled life.”
Jesus het nie sy Goeie Nuus aan ‘n reklamemaatskappy toevertrou nie.
Hy het net sy dissipels uitgestuur.
Hy het hulle nie opdrag gegee om advertensieborde op te sit,
of pamflette uit te deel nie.
Hy het net gesê hulle moet sê in Wie hulle glo,
en dit met hulle gewone lewe wys.
Kom ons gaan wees in die gewone lewe wie ons is!
Ernest