Dade is dikwels beter preke as woorde.
Wanneer jy die regte ding doen, sonder om ‘n woord te sê,
kan jy dikwels ‘n baie groter impak maak as met jou woorde.
Kinders vertel dikwels hoe hul ouers gesê het hulle die Here moet dien,
maar hoe hulleself dit juis nie gedoen het nie.
Ander kinders vertel weer hoe hulle in hul ouers se lewe
die Here gesien en leer ken het.
Ons is almal predikers van een of ander boodskap, wat ons lewe oordra.
Alles wat ons doen of sê, dra ‘n boodskap.
“Wat jy doen, praat so hard dat ek nie kan hoor wat jy sê nie.”
Paulus het die Christene in Tessalonika geprys
vir die voorbeeld wat hulle uitgeleef het.
Hy sê in 1 Tessalonisense 1:7 “so het julle ‘n voorbeeld geword,
vir al die gelowiges….”
Hulle optrede het ooreengestem met wat hulle glo en bely.
Of ons dit nou wil weet of nie, ons optrede doen die praatwerk.
Deur jou manier van lewe kan ‘n mens aflei wat jy nou eintlik glo.
Wat jy doen is wat jy glo.
Die res is net leë praatjies….
Leef wat jy glo!
Ernest