Spreuke 4:4 sê:
“Wat ek jou sê, moet jy vashou,
my voorskrifte moet jy uitvoer,
sodat jy werklik kan lewe.”
Vers 23 sê:
“Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan,
want dit bepaal jou hele lewe.”
Vers 26 sê:
“Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree.”
Elkeen van hierdie verse moedig ons aan om ons lewe te ondersoek,
en te kyk op watter koers ons is.
‘n Oostenryker het sy besittings ter waarde van 4,7 miljoen dollar weggegee.
Hy het ontdek dat sy skatte en lewenswyse hom sy lewensvreugde ontneem.
Karl Rabeder het aan die Londonse Daily Telegraph gesê
dat hy ‘n slaaf geword het van sy besittings en leefwyse.
Dit was die grootste skok van sy lewe toe hy ontdek het hoe leeg en sinneloos sy lewe is.
Sy geld is geskenk aan liefdadigheid organisasies in Latyns Amerika.
Die leegheid van ‘n vyfster lewe kan ons oorval.
Vra die Here om jou koers aan te dui en volg Hom onvoorwaardelik.
Dan sal jy seker wees van elke tree, se vers 26.
Moenie dink jy ken in elk geval die koers nie.
Lees gereeld die roete in sy Woord.
En hou God se koers.
Ernest