God se strengheid het niks met liefdeloosheid te doen nie.
‘n Ouer wat tot die beswil van sy kind streng moet wees,
doen dit juis uit liefde vir die kind.

Romeine 11:22 sê:
“God is streng.
Maar Hy is ook vol liefde.
Hy tree streng op teenoor dooie lote.
Maar hy tree vol liefde op teenoor lewende lote.
Jy mag egter nie God se goedheid as vanselfsprekend aanvaar nie.
Dan kap Hy jou op ‘n dag ook uit.
In God se olyfboom is daar nie plek vir dooie lote,
wat nie doen wat Hy sê nie.”

Dit is die punt.
In God se olyfboom is nie plek vir dooie lote,
wat nie doen wat Hy sê nie!
Sy liefde verbly hom juis nie oor onreg nie……1 Korintiërs 13:6.
Ons kan seker wees van God se sagte liefde vir ons.
Selfs as ons die pad byster raak.
Niks wat ek doen sal maak dat God my meer of minder liefhet nie!
God het my reeds tot die uiterste toe lief!, sê Johannes 13:1.

Maar dit beteken nie ek kan doen wat ek wil nie!
Ek kan nie soos ‘n wilde loot groei waar ek wil,
en dink God sal my nie in sy liefde snoei nie.
En dooie lote wat geen vrug dra nie,
wat nie God se wil doen nie, sny Hy uit.

“Soos ‘n vader hom ontferm oor sy kinders,
so ontferm die Here Hom oor díe wat Hom dien”
Psalm 103:13.

Ernest