Romeine 12:2 sê:
“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie,
maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.
Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is,
wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”

Laat God jou verander, deur Hóm wat jou denke vernuwe!
Hy doen dit!
Wat gaan in jou denke aan?
Hoe dink jy oor jouself?
Hoe dink jy oor God se wil?

Dr. Norman Vincent Peale het in Hongkong ‘n tatoeërmerk gesien wat sê:
“Born to Lose”
Hoe in die lewe wil iemand só ‘n negatiewe tatoeërmerk dra, het hy gedink.
Hy vra toe vir die eienaar van die tatoeër-winkel of iemand dit al ge-tatoeër het,
en waarom?
Die eienaar het hom in gebroke Engels antwoord dat dit gereeld gebeur,
..….en waarom?
“Before tattoo on chest, tattoo on mind!”

Hierop het Dr. Norman gesê:
“There is a tattoo on our minds long before one appears in our lives.”

Wat is die “tattoo on your mind?”
Hoe dink jy oor jouself?
Hoe dink jy oor God se wil?

Net God kan dit verander,
en jou denke vernuwe!
Eers dan sal jy kan onderskei wat die wil van God is.
Wat vir Hóm goed en aanneemlik en volmaak is!

Ernest