Galasiërs 6:9 sê:
“Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie,
want as ons nie verslap nie,
sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.”

William Wilberforce het hom beywer vir die afskaffing van slawehandel in Engeland.
Die fliek, Amazing Grace, vertel van John Newton se invloed op Wilberforce.
John Newton het die lied “Amazing Grace” geskryf.
Hierdie lied het ‘n groot invloed op Wilberforce gehad,
en het dit vandag nog in die wêreld.
William Wilberforce se ywer het uiteindelik gelei tot die afskaffing van slawehandel,
in Engeland, en met wêreldwye gevolge.
Wat het hom bly motiveer?
Hy self het gesê Galasiërs 6:9.
Na sy bekering het hierdie teks hom gedryf,
om nooit moeg te word in sy ywer teen slawehandel nie.
Hoewel hy die een nederlaag na die ander gelei het,
het die parlement uiteindelik, na 20 jaar se ywer,
besluit om slawehandel af te skaf.
Tot met sy dood was William Wilberforce bekend as “die gewete van Engeland”.

Moet nooit moeg raak om goed te doen nie!
Want as jy nie verslap nie,
sal jy op die bestemde tyd die oes insamel.

Om aan te hou met goed doen, is presies wat die Here wil hê.
Vers 10 sê:
“Terwyl ons nog tyd oorhet,
moet ons elke geleentheid benut,
om goed te doen aan almal wat op ons pad kom….”
Moet nooit moeg raak om God se “Amazing Grace” aan ander uit te deel nie!

Ernest