Psalm 148:7-8 sê:
“Prys die Here…..
weerlig en hael, sneeu en miswolke,
stormwind wat Hom gehoorsaam.”
In verse 7-12 roep die Psalm die hele skepping op om die Here te loof en prys.
Die magtige weersomstandighede word deur God gestuur om sy wil te doen.
Die weer voed en onderhou die natuur,
maar vorm die natuur ook deur uiterste weersomstandighede.
Kyk maar na ‘n groot boom in jou omgewing.
Dik stam. Sytakke in verskillende rigtings.
Die weer het ook die boom help vorm tot wat dit nou is.
Warm somerson skroei die boom.
Koue winterwind laat die takke blaarloos.
Lentereëns, donderstorms wat genadeloos aan die boom ruk.
So word dit sterker en sterker.
‘n Boom met karakter.
So is dit ook in ons lewens.
Spanning en probleme wat ons vorm.
God gebruik dit om ons karakter te vorm.
Alle weersomstandighede is in my lewe nodig,
om my te vorm na God se wil.
Ernest