Wêreldwyd gaan die soektog voort.
Die soektog na ware sin, en geluk in die lewe.
Nuwe boeke verskyn daagliks op die rakke.
Vol beloftes om geluk en voorspoed te waarborg.
Soos helder vuurwerke brand dit ‘n rukkie treffend, en verdwyn dan weer.

Filosofië en ideologië word een na die ander geskep, om weer te verdwyn.
Elkeen passievol oor sy oortuiging, ten koste van die ander se sieining.
Elkeen dink hy het die ware weg, die enigste weg.
Nogtans, ten spyte van miljoene boeke en oortuigings,
kan nie een ‘n asemteug vol suurstof uit niks skep nie.
Kan nie een ‘n lewe uit niks laat opstaan nie.
Kan nie een met sekerheid die volgende oomblik voorspel nie.
Ook nie môre en oormôre nie.

Geen ideologie of filosofie kon nog lewe of vrede bring nie.
Ons eie wyshede kan net in wanhoop eindig.

Maar die Lig het gekom in die duisternis!
Die een Boek wat die verskil maak, en die sin van die lewe kom gee.
Die Woord van God.
Die Boek wat vrede, vryheid en lewe kom aankondig.
Ware sin van die lewe.
Die Woord wat mens geword het…!
“In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God,
en die Woord was self God.” Johannes 1:1.
Vers 14 sê:
“Die Woord het mens geword en onder ons kom woon…”
Vrede, verlossing, vryheid, lewe, het na ons toe gekom!
Dit is geleef!
Op die stofpaaie van hierdie wêreld.
Dit is ‘n realiteit!
En elke kind van God leef dit steeds!

Ernest