Jesus vertel in Matteus 25 die gelykenis van die tien jong meisies,
om ons te lei om gereed te leef vir sy wederkoms.
Hulle het die bruidegom langs die pad gaan inwag.
Die helfte van die meisies was slim genoeg om ekstra olie te neem.
Hulle sou gereed wees as die bruidegom sou talm om te kom.
Met die ekstra lampolie sou hul lampe brand totdat hy kom.
In vers 13 sê Jesus dan:
“Wees altyd gereed vir die koms van die Here.
Hierdie waarskuwing is belangrik,
omdat ons nie presies weet wanneer Hy gaan kom nie.
Dit bly ‘n verrassing.”
Om gereed te leef, is om met passie vir die Here te leef.
Daag op! anders gaan jy die fees mis!
Leef teenwoordig! Leef in die oomblik.
Moenie elke dag wag vir ‘n nuwe môre wat beter gaan wees nie.
Moet ook nie bly leef in gister wat jy nie kan verander nie.
Leef nou! Nou is die tyd wat die Here vir jou gee.
God wil jou nou laat leef, en jou nou gebruik!
Moenie jou passie vir die lewe verloor nie!
Liu Shi-kun het in 1958 in Moskou tweede gekom in die Tchaikovski-klavierkompetisie.
Die jaar daarna is hy tronk toe gestuur in die Chinese kulturele rewolusie.
Hy was sewe jaar in die tronk, sonder toegang tot ‘n klavier.
Na sy vrylating het hy dadelik weer opgetree.
Kenners het beweer hy was beter as ooit!
Hoe was dit moontlik as hy nooit kon oefen nie?
Sy antwoord was:
“I did practise, every day.
I rehearsed every piece I had ever played,
note by note, in my mind.”
Niemand of niks kon sy passie wegvat nie!
Sal ons nie ook so passievol lewe in afwagting op Jesus se tweede koms nie!
Jy kan nie kies hoe en wanneer jy doodgaan nie.
Maar baie belangriker:
Jy kan kies hoe jy lewe!
Ernest