Tref woorde hierdie:
“Dit verseker Ek julle:
Vir sovêr julle dit aan een van die geringstes van hierdie broers van my gedoen het,
het julle dit aan my gedoen.
Dit verseker Ek julle:
Vir sovêr julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie,
het julle dit aan My ook nie gedoen nie.”
Jesus sê hierdie tref woorde in Matteus 25:40 en 45.

Hierdie vers 40 is Paul David Hewson, beter bekend as Bono van U2, se dryfkrag.
Met sy aksies in Afrika, waar hy ‘n verskil wil maak, sê hy:
“Love thy neighbour” is not a piece of advice – it’s a command.
….We’re here to sound the alarm.”

Jou oë is die oë waardeur die liefde van Christus na die wêreld kyk.
Jou voete is die voete waarmee Christus daar wil gaan goed doen.
Jou hande is die hande waarmee Hy nou wil seën.

Om gereed te leef vir die Here, is ook om met liefde teenoor ander te leef.
Jou liefde vir ander mense bewys dat jy Christus liefhet.
Ons moet oop oë leef, en Christus in ons medemens sien.

“Under our noses,
before our eyes,
not in the clouds,
not in the sky He passes and we pass Him by.
Humanity is his disguise.” Anoniem.

Leef jou passie vir die Here uit,
teenoor jou medemens,
deur wie Hy na jou toe kom!
Elke dag!

Ernest