Met dit wat jy het om te gee, moet jy oop wees vir wonders!
Al het jy in jou oë hoé min ookal, om te gee.
In Matteus 15:32 sê Jesus dat hy die mense wat saam met Hom beweeg jammer kry.
In Matteus 14:14 was dit ook die geval.
Jesus het ‘n oog vir mense in nood!
Jesus wil nou weer die honger mense voed.
In Matteus 14:17 het Jesus net die vyf brode en twee vissies gehad.
Nou het Hy weer net sewe brode en ‘n paar vissies, hier in Matteus 15:34.
Na Matteus 14 se vermeerdering van die brood en vis,
sou jy dink die dissipels weét nou die onmoontlike is moontlik!
Tog vra hulle weer in vers 33:
“Waar sal ons in hierdie verlate plek genoeg brood kry,
om so baie mense kos te gee?”
Dit is asof ons nie leer, en regtig besef dat die onmoontlike vir God moontlik is nie!
Weér neem Jesus dit, dank God daarvoor, en deel dit uit!
Almal het geëet en genoeg gekry.
Om oop te wees vir die wonders van God,
is om te besef, en daaruit te leef,
dat die onmoontlike regtig vir Hom moontlik is!
Jy plaas al jou vertroue in God en is oortuig daarvan dat Hy sal voorsien,
selfs wanneer al die bronne leeggeloop het!
Dit is wanneer dit geloof vra.
Tot dan is dit “maklik” om te glo.
Nou vra dit geloof!
Jesus wil, deúr óns, honger mense vul.
Wanneer ons hand oop gaan vir honger mense,
beleef hulle, deur ons, Gód se goedheid!
Helen Keller het gesê:
“I am only one; but still I am one.
I cannot do everything, but I still can do something.
I will not refuse to do the something I can do.”
Gee wat jy het om te gee.
En wees dan oop vir God se wonderwerk daarmee!
Ernest