“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is,
en Ek sal julle rus gee.”
Jesus nooi jou so uit, in Matteus 11:28.
As jou tyd deur die verkeerde dinge opgeneem word,
gaan die lewe jou verseker moeg maak.
Titus Salt was ‘n arm fabriekswerker in Engeland.
Maar, toe dink hy ‘n wolverwerkingsmetode uit wat hom skatryk gemaak het.
Hy het tot in die parlement , en is selfs ‘n baron gemaak.
Hy was net nie tevrede nie,
en het aanhou besig wees met dinge wat hom nie tevrede maak nie.
Eendag het hy in ‘n erediens gesit en luister na ‘n boodskap uit hierdie teks.
Die predikant het van ‘n rusper vertel,
wat keer na keer teen geverfde stut-stokke in ‘n tuin opgeklim het,
om blare te gaan eet wat nie bestaan nie.
Die stokke is om plante, wat nog hoog moet groei, te stut.
Elke keer klim die rusper af en bestyg weer ‘n nuwe stok, sonder vrug.
Hy kry niks te ete nie.
Die leraar sê toe;
Daar is baie sulke stokke in die wêreld.
Aantreklik geverfde stokke.
Stokke van rykdom, mag, plesier, gewildheid, status, sukses en wat nog meer.
Almal nooi uit dat jy hulle moet klim, vir bevrediging en versadiging.
Maar nie een bring versadiging, bevrediging, of sin nie.
Dit is dooie stokke, sonder blare, sonder vrug, sonder lewe.
Die volgende dag was Titus Salt by die leraar:
“Sir, I want to tell you that I have been climbing the painted sticks,
and today I am a weary man.
Tell me, is there rest for a weary millionaire?”
In Matteus 11:28 het Titus Salt rus en sin in die lewe gevind.
Hy het Jesus se uitnodiging aanvaar, en na Hom toe gekom.
Watter aantreklik geverfde stokke klim jy, die een na die ander,
sonder vrug, sonder lewensvreugde?
Maak die lewe jou doodmoeg?
Soos die rusper, vind jy geen versadiging nie.
Kom na Jesus toe, jy wat uitgeput en oorlaai is.
Rus en lewe is by Hom.
Ernest