Wat is die effek wat jy op mense rondom jou het?
En watter effek het hulle op jou?
Is dit vir hulle ‘n moeisame geleentheid om by jou te wees.
Ons kan baie veeleisend wees sonder om dit te besef.
Party mense tap energie . Ander gee energie.
Mens hoor die begrip dat iemand “high maintenance” is.
Iemand wat ander se energie tap, en self min energie genereer.
Werk dit doelbewus teë!
Hou byvoorbeeld op skinder.
Skinderbekke se relevansie word gemeet aan hul nuusdra vermoeë.
Nie aan hul inherente waarde nie.
Raak ontslae van bitterheid.
Dit vermoei mense en dryf hulle van jou af weg.
Hou op om alles en almal te blameer.
Dit is nie so dat jy geen skuld het nie.
Raak bevry van verwyte.
Tel jou seëninge.
Leef met waagmoed.
Behou ‘n leerbare gees.
Sien môre en oormôre as ‘n avontuur wat voorlê.
Kom los van leef in die verlede.
Leef nou!
Doen wat jy nog altyd wou.
Hou op kla.
Veral oor geld.
Dit is een van die grootste energie diewe.
Arm mense het dikwels ‘n ryker lewensgehalte as ryk mense.
Hou op kla oor jou neseier in die bank.
Sien eerder uit na jou skatte in die hemel.
Leef in die werklikheid, en waardeer klein dingetjies.
Bly tuis in jou wêreld. Bly op hoogte.
Hou op om te dink mense en die wêreld skuld jou.
Hulle gaan aan, en jy bly staan.
Seën mense, en bid vir hulle.
Stel in hulle belang, en luister eerder na hulle,
as wat hulle na jou moet luister.
Deel wat jy het met mense.
Gee eerder as om te ontvang.
Groei in diepte.
“…Beywer jou allereers vir die koninkryk van God,
en vir die wil van God……” Matteus 6:33.
So sal jy God se energie en krag deurleef na ander mense toe.
Wees ‘n bron van energie!
Gee dit!
Ernest