Het jy al hierdie treffende woorde van Psalm 16:5-6 gelees?
“Here, U is my lewe, U sorg vir my.
Wat ek ontvang, kom alles van U af.
‘n Pragtige deel is vir my afgemeet,
ja, wat ek ontvang het,is vir my mooi.”
Treffend!
Dink net aan wat jy het…..
Hoe mooi dit is!......treffend!

Doen alles in jou vermoë om die fliek “Life is Beautiful” te kyk.
Neem die DVD uit en kyk dit!
Dit speel af in die Tweede Wêreldoorlog in die Joodse konsentrasiekampe.
Maar dit gaan nie eintlik oor die Jode en die Nazi’s nie.
Dit gaan oor hoe mens die lewe moet leef.
Want dit is die hoé wat maak dat jy kan sê: “Life is beautiful.”
Dit gaan oor om die goeie uit die gemors te red,
want dit gee jou hoop in die lewe.

‘n Jood en sy seuntjie beland in die konsentrasiekamp.
Die pa vertel die seuntjie dat alles net ‘n speletjie is,
en dat die hoopprys ‘n tenk is!
Die seuntjie wou nog altyd ‘n tenk hê!
Die fliek is ‘n viering van hoe mooi die lewe is, ten spyte van….
Die fliek leer “life is beautiful”,
omdat ‘n mooi lewe nie afhanklik is van die aantal seninge nie,
maar van jou houding teenoor die seëninge!

‘n Mooi lewe is nie net waárheen jy op pad is nie,
maar dit is die manier van kyk na die lewe, juis op die pad daarheen!
Iemand het gesê:
“A beautiful life is not having what you want,
but wanting what you have.”
‘n Mooi lewe is nie sonder konflik, seer en krisis nie,
maar hoe ons dit hanteer.
‘n Mooi lewe is die geestelike ervaring om elke oomblik met liefde,
genade en dankbaarheid te wíl lewe!

Lees weer Psalm 16:5-6 hierbo…..
Ontdek weer al die mooi in jou lewe!

Ernest